Laerskool in Phalaborwa

Intermediêre fase

Intermediêre fase - vakke:

Ons beskik oor puik, gekwalifiseerde personeel wat positief is teenoor die onderwys en wat hulle werk geniet.  Ons leerlinge besef die erns van hul skoolwerk en is getrou.

Ons probeer die oorskakeling van graad 3 na graad 4 so maklik as moontlik maak vir die leerlinge.  Die graad 4-leerlinge wissel slegs tussen die graad 4-voogde vir alle vakke.  Die doel is om die graad 4's selfstandigheid te leer.

Ons personeel is altyd bereidwillig om te help met enige probleme, en daar word weekliks remediërende klasse in Afrikaans, Engels en Wiskunde na skool aangebied.

Die volgende vakke word in hierdie fase aangebied:

Elke vak se werkswyse word voorin elke skrif geplak en moet deur u, as ouer, onderteken word.  

Kortliks iets oor elke vakgebied:

Afrikaans:

Bestaan uit vier komponente naamlik:  lees en kyk, luister en praat, skryf en aanbied en taalstrukture en konvensies.  Deurlopende assessering vind plaas -  daarom moet afwesighede tot die minimum beperk word waar moontlik.  Aandag word veràl gegee aan lees en veral, lees met begrip.  Kom ons probeer saam 'n liefde vir lees kweek, aangesien lees steeds die kern van leer vorm.  Lees is 'n reis na kennis.

Engels:

Bestaan ook uit vier komponente naamlik:  listening and speaking, reading and viewing, writing and presenting and language in context.  Net soos in Huistaal, vind deurlopende assessering plaas en moet afwesighede tot die minimum beperk word.  Leerling word aangemoedig om met vrymoedigheid te praat, lees en skryf.

Wiskunde:

Die volgende afdeling van Wiskunde word gedek, naamlik:

Ons poog om elke leerling toe te rus met die nodige vaardighede, maar ons het deurentyd u as ouerse hulp nodig.  Tafels (2X tot 12X) vorm die basis.  Help asseblief dat u kind dit baie goed ken.  Probeer die aanleer daarvan op 'n prettige wyse en nie as straf nie.

Natuurwetenskappe en Tegnologie:

'n Noodsaaklike vak vir die bevordering en ontwikkeling van wetenskaplike en tegnologiese geletterdheid.  Praktiese lesaanbiedings maak hierdie vak baie interessant en lekker.  Die kind leer deur te ondersoek en kritiese denke word bevorder deur bevindings / gevolgtrekkings uit resultate te maak.

Sosiale Wetenskap:

Sosiale wetenskap word onderverdeel in Aardrykskunde en Geskiedenis.  Die doelwit van hierdie vakgebied is om nuwe kennis op te doen van die wêreld om ons en kennis op te doen van die verlede, hede en toekoms.

Lewensvaardigheid:

In Lewensvaardigheid word leerlinge toegerus met kennis, waardes en vaardighede ten opsigte van emosionele, sosiale, intellektuele en fisiese ontwikkeling.  Die vak bestaan uit drie komponente naamlik:

Elke komponent het sy eie assessering.  Vergewis uself hiervan deur die werkswyse voorin die leerder se skrif te bestudeer.

 

Slaagvereistes:

U kind moet aan die volgende vereistes voldoen om te slaag:

Vak Simbool Persentasie
Afrikaans Huistaal 4 50%
Engels EAT 3 40%
Wiskunde 3 40%
Enige ander twee vakke 3 40%

Afrikaans Huistaal is 'n slaagvereiste vir leerlinge (Minstens 50%)

Rooster:

U kind ontvang 'n rooster wat elke dag gevolg word.  Sy/haar tas kan daarvolgens ingepak word vir die betrokke dag se vakke.

 

Huiswerkboeke:

Elke leerling ontvang 'n huiswerkboek met nuttige inligting vir u as ouer.  Die eerste bladsy moet volledig voltooi word om te verseker dat ons die nuutste inligting het.

Alle huiswerk / opdragte word hierin neergeskryf deur die leerling.  Let wel - huiswerk word beperk, maar dit is baie belangrik dat alle tuisopdragte voltooi word.  Dit gee vir die kind verantwoordelikheid, wat onontbeerlik is in hierdie fase van ontwikkeling.

 

Afbakenings en eksamen:

Daar word elke kwartaal eksamen geskryf

Leerlinge ontvang 'n eksamenrooster- en afbakening, wat twee weke voor die tyd uitgedeel word.  Dit gee dus vir u kind genoeg geleentheid om voor te berei vir die eksamen.  Studiemetodes vorm deel van PSW in die eerstel kwartaal, maar u as ouer sal u kind met hulp begelei vir 'n goeie grondslag vir die toekoms.  Kinders verskil - daarom verskil studiemetodes ook van kind tot kind.

 

Nuttige wenke:

 

Ons as Intermediêre fase personeel handhaaf, nes die skool, 'n oop-deur-beleid.

Hekwagte 2024 Logo Image
Hoofleiers Logo Image
Hekwagte Seuns 2024 Logo Image
Medialeiers Logo Image
Medialeiers seusn Logo Image
Skolier dogters Logo Image
Skolier seuns Logo Image