Laerskool in Phalaborwa | Groenskool

Gedragskode

Doel van die gedragskode

Die doel van die gedragkode is om 'n gedissiplineerde en doelgerigte skoolomgewing te vestig wat toegewyd is aan die bevordering en instandhouding van die leerproses.

Die doelwit kan soos volg uiteengesit word:

Leerders en hul ouers moet hulself met die skool se gedragskode, ander beleidsdokumente en die bepalings daarvan vergewis.  Sodra leerders by die skool ingeskryf is, is hulle onderworpe aan die gedragskode en moet hulle dit getrou nakom.  Indien leerders die gedragskode oortree of minag, sal daar ooreenkomstig die dissiplinêre prosedure vir leerders, teen hulle opgetree word.

Respek vir my onderwysers

Ek respekteer die onderwysers, as my opvoeders, en beloof my heelhartige samewerking in alle redelike opdragte wat ek van onderwysers mag ontvang.

Ek respekteer die onderwysers as volwassenes en erken dat hulle opleiding en ervaring tot my voordeel kan strek.  Daarom onderneem ek om my volle samewerking aan onderwysers te gee en altyd hoflik teenoor hulle op te tree.

Respek vir die omgewing en skoolfasiliteite

Ek aanvaar die verantwoordelikheid om vir die natuurlike omgewing om te gee en dit te bewaar.

Ek waardeer die skoolgeboue, klaskamerinhoud en ander fisiese geriewe, wat vir my gebruik beskikbaar gestel is.

Ek onderneem om op 'n verantwoordelike wyse daarvan gebruik te maak en vir sover dit binne my vermoë is, 'n bydrae tot die instandhouding daarvan te lewer, insluitend om my ouers aan te moedig om skoolgelde te betaal en aktiwiteite te ondersteun ter uitbreiding van die fisiese fasiliteite.

Gehoorsaamheid aan organisatoriese- en gedragsreëls

Ek besef dat 'n skool nie sonder organisatoriese- en gedragsreëls kan funksioneer nie.  Daarom lê ek my neer by die skool se gedragsreëls.

Ek onderneem om die tydrooster van die skool te eerbiedig, deur stiptelik teenwoordig te wees by die aanvang van die skooldag en elke periode waarby ek betrokke is.

Ek aanvaar die gesag van die persone in bevel van orde en dissipline in die skool. Ek sal myself aan toepaslike strafmaatreëls onderwerp, indien ek oortree.

Voorkoms

Skooldrag dra by tot die eenheid van sin en strewe.  Die skoolwapen versinnebeeld die gesamentlike strewe van leerders, ouers en personeel.  Omdat die skooluniform en gepaardgaande voorkomsreëls tradisionele waardes van die skool en die gemeenskap verteenwoordig, sal ek die skooldrag met trots dra, en die voorskrifte van persoonlike voorkoms wat die skooldrag komplimenteer, nakom.  

Ek onderneem dus om die reëls ten opsigte van alle kleredrag (Skool en "Sivvie/gemaksdag") na te kom.

Veiligheid

Ter wille van my eie veiligheid, sal ek klaskamerreëls wat op kinderveiligheid gemik is, eerbiedig.  Tydens klaswisseling op die skoolterrein, met uitstappies en op die sportveld, sal ek poog om deur my optrede nie my eie en/of ander persone se veiligheid in gevaar te stel nie.

Akademiese aangeleenthede

Ek kan alleen baat vind by onderwys indien ek intensief by die leergebeure in die klaskamer betrokke is.  Daarom sal ek, wanneer dit van my verwag word, positief aan klasaktiwiteite deelneem. 

Ek keur gedrag af wat ontwrigtend op die onderrigproses inwerk.  

Ek besef die waarde van huiswerk en sal dit getrou doen.  Ek besef die uitkoms van assessering is van groot belang vir my toekoms, daarom sal ek pligsgetrou vir assesseringsopdragte voorberei.  

Eerlikheid is 'n deel van 'n onkreukbare karakter en daarom sal ek ten alle tye, eerlik wees tydens assessering, en oneerlike optrede veroordeel en rapporteer.

Reëls

Reëls word opgestel om die waardes vervat in die erekodes, te laat realiseer en het dus ten doel om:

Ek verklaar dat ek op hoogte is van al die beleidsdokumente rakende dissipline, skoolbywoning, afwesigheid, kleredrag, optrede in die klaskamer en op die speelterrein, sportbywoning en deelname by sportbyeenkomste, en andere.

Meer inligting rakende bogenoemde beleide, kan gevind word onder  "Skoolreëls".

 

 

Hekwagte 2024 Logo Image
Hoofleiers Logo Image
Hekwagte Seuns 2024 Logo Image
Medialeiers Logo Image
Medialeiers seusn Logo Image
Skolier dogters Logo Image
Skolier seuns Logo Image